SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 21 Sept 2008
TEMA: ‘n Hartoorplanting vir Suid Afrika...
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
|
Vooraf musiek & afkondigings |
Welkom Nuwe intrekkers Terreinplan Kinderkerke Jy’s nie meer slaaf nie....1535 padkos....padkos5 St5kamp...5kamp Jean en tekkiediens...vanaand |
Welkom Afkondig |
MG |
5 minute vooraf |
“Waaraan dink jy as jy hierdie vlag sien..?” Ons dink/bid vandag oor ons land... |
savlag |
Liturg |
Welkom & groet |
|
|
Elize |
T Bessie 30 jaar diens |
|
bessie +1(sang) |
Liturg |
Gebed |
|
sabid |
Liturg |
Oproep tot lof |
Suid Afrika...wonderlike dinge |
sakaart |
MG |
Lof |
Bring lof aan die Vader . . . . . . . . . . . . 657 Here, Redder, groot en magtig . . . .. . . . . 280 Daarom (Flam 34) . . . . . . . . . . . . 706 |
657 280 706 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
Suid Afrika...groot bekommernisse |
sakaart |
MG |
Aanbidding |
Vader ons ween . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1056 Waar daar liefde is . . . . . . . . . 1061 Hoor ons bid o Heer . . . .. . . . . . . . 793 Ons Vader . . . . . . . . . . . . . . 945 |
1056 1061 793 946 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
sabid |
Liturg |
Skriflesing |
Eseg 11:16-20, 18:31-32, 36:25-27 |
Skrif |
Liturg |
Preek |
‘n Hartoorplanting vir Suid Afrika |
Preek |
Almal |
Toewyding |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
Dankoffers- afkondig |
Liturg |
Roelie |
Terugvoer en fotos |
Powerpoint |
MG |
Lied |
“Loving You” |
890 |
Liturg |
Seën |
|
|
“Kom in my hart”860
Preekskets
Skriflesings:
Eze 11: 16 Daarom moet jy sê: So sê die Here my God: Ek het hulle ver weg gevat na ander nasies toe en hulle oor ander lande verstrooi, maar in dié tyd het Ek self vir hulle ’n heiligdom gebly in die lande waarheen hulle is. 17 “Jy moet sê: So sê die Here my God: Ek gaan julle dan ook nou bymekaarmaak tussen die ander nasies uit, julle versamel uit die ander lande waarheen Ek julle verstrooi het, en vir julle die land Israel teruggee. 18 Hulle sal hierheen kom en al die walglike, afskuwelike goed uit die stad uit verwyder. 19 Ek sal hulle ’n ander hart gee en ’n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle ’n hart van vleis gee. 20 Dan sal hulle volgens my voorskrifte leef en my bepalings nakom en daarvolgens optree. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.
Eze 18:31 31 Laat vaar al julle oortredings en kry ’n nuwe gesindheid (hart), ’n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel? 32 Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”
Eze 36:25 Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery. 26 Ek sal julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ’n hart van vleis gee. 27 Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.
INLEIDEND
Verhaal van Jordan (Artikel)
Vandag: baie mense om ons wat hartoorplantings gekry het (55000 hartoorplantings reeds gedoen)
[ VERHAAL ]
1. Verhaal: Chris Barnard - 1e hartoperasie
3 Desember 1967
1e menslike hartoorplanting (ek kan dit onthou - tjokkertjie van 8 maande)
In ons eie land
Deur een van ons eie dokters: Chris Barnard
hart van 25-year-old vrou in die liggaam van Louis Washkansky (55-jaar-oud)
Washkansky het 18 dae later gesterf.
2e hartoorplanting: - maand later - 2 Januarie 1968
Philip Blaiberg
lewe vir nog 563 dae na die operasie.
Teen die laat 1970s het verskeie pasiënte al oorleef vir etlike jare.
Jarvik kunsmatige hart
vroeë 1980s - Dr William DeVries
plant 1e Jarvik-7 kunsmatige hart in 'n aantal pasiënte
Langste voorbeeld: oorleef 620 dae
Vandag; net tydelik gebruik tot regte hart beskikbaar is
2. Esegiël: ook 'n verhaal van 'n hartoorplanting
• Die Here verlaat
• afgode gedien
• toe verloor hulle alles
• Baie moedeloos
• Nou praat die Here:
• Ek sal vir julle 3 dinge doen:
• Reinigingswater - skoonmaak
• Nuwe hart
• Gees
• Wat sê die Here?
• Hy sê: Ek sal dieselfde doen as dr Chris Barnard.
• Ek sal die hart uithaal wat nie meer lekker werk nie - nuwe een insit wat lekker vinnig klop.
HOEKOM 'n nuwe hart? HART IS DIE KERN (middelpunt) VAN JOU HELE LEWE
Ek weet nie wie van julle het al gesien nie: Maar binne in elke vrug is daar 'n pit.
• perske
• appel
• peer
• granaat - net pitte
Het julle al gesien wat doen 'n wurm? (Weet julle almal wat is 'n wurm)
Hy broei uit in die perske.
En as hy uitgebroei het, roep hy al sy wurm-maatjies
En hulle boor 'n gatjie tot by die pit.
En hulle almal gaan bly by die pit.
En van die pit af reik hulle 'n bietjie uit.
En van die pit af maak die hele perske vrot.
En partykeer lyk daai perske lekker buite.
En as jy hom byt, en jy vat hom so weg: dan sit hulle daar.
[ Hulle sê mos: wat is erger as 'n wurm in 'n perske?
'n halwe wurm in 'n perske! ]
Die duiwel doen dieselfde.
Hy gaan na die pit van ons lewe toe.
En Hy roep as sy wurm-maatjies saam met hom.
En van die pit af maak hulle alles vrot.
En hier buite lyk dit nog mooi.
Binne is alles vrot.
Ge 6:5 (OV)Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was..
Wat was fout voor die sondvloed?
Mense se harte was sleg
Spr 6:16 (OV)Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ’n gruwel, trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,18 ’n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop...
Nie iemand wat slegte dinge doen nie.
Iemand wat nog net dink om slegte dinge te doen.
Joh 13:22 (OV)En gedurende die maaltyd - die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai...
Die wurms het klaar by die pit gaan bly.
Hand 5:3 (OV)Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te
lieg en van die prys van die grond agter te hou?
Slegte goed begin in ons harte.
2 SOORTE HARTE:
Steen/klip
• Waar kry ‘n mens dit?
• Jy kry dit in MediCity en PotchHospitaal - of watter ander hospitaal jy ookal in gebore is.
• Jy word gebore daarmee
• Jy het dit nog voor jy gebore word.
• Want pappa en mamma het dit ook - en jy erf dit by hulle.
• Moenie vir hulle kwaad wees nie - hulle het dit ook geêrf.
• Baie keer vra mense: Hoekom doen mense wat daar ver op 'n eiland bly ook lelike dinge? Hoe weet hulle van die lelike dinge. Hoekom maak hulle ook mekaar dood en steel mekaar se goed en verneuk mekaar?
• Want hulle is gebore met klipharte.
Vleis
• Waar kry jy dit?
• Net een plek: by Jesus.
• Hy haal die kliphart uit - wat jy by pappa en mamma geêrf het.
• Hierdie hart waar die duiwel en al sy wurm-maatjies kom bly het.
• En Hy sit vir jou 'n nuwe hart in.
• 'n Vleishart.
• 'n hart wat kan seerkry.
• 'n hart wat kan jammer sê.
• 'n Hart wat kan liefkry.
• Weet jy waar kry Hy hierdie hart?
• Hy gee vir jou 'n stukkie van Syne.
• Die groot woord daarvoor is wedergeboorte
• Hy sit vir jou 'n nuwe hart in.
HOE LYK HIERDIE NUWE HART?
1. 'N NUWE HART IS 'N HART WAT KAN LIEFHê
• Mat 22:37 37 ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand."
• Ons hoor so baie mense wat sê:
• Ek het nie tyd vir so of so nie.
• Ek sal nooit swart mense kan liefhê nie.
• Of ek sal nooit blankes kan liefhê nie.
• Die nuwe hart die Here vir my insit is 'n hart wat kan liefhê.
• Lief vir God
• Lief vir myself
• Lief vir alle mense
• [ Nadat Petrus 'n nuwe hart gekry het - toe kan hy lief word vir Kornelius ]
2. 'N NUWE HART IS GEHOORSAAM
• De 10:12 12 “En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. 13 Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee.
• Onthou julle nog daai hart waarmee ons gebore is?
• Die kliphart?
• Die een met die vrot pit?
• Daai hart wat nie vir pappa en mamma luister nie?
• Daai hart wat lelik praat en ander kinders se goed vat.
• Jesus vat daai hart en hy gooi hom weg.
• En Hy sit 'n nuwe hart in.
• Ene wat luister.
• Ene wat die dinge doen wat vir Hom belangrik is.
• Ene wat gehoorsaam is aan Hom.
3. 'N NUWE HART VERLANG NA GOD
• Ps 84:2 2 Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! 3 Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is (OV=HART en VLEES) , wil ek jubel oor die lewende God.
• Baie mense sê: hulle het nie 'n behoefte om kerk toe te kom nie.
• Hulle lees en bid sommer op hulle eie.
• Party lees en bid nie eers nie.
• Of hulle luister kerk oor die radio.
• 'n Nuwe hart verlang na God.
• 'n Nuwe hart kan nie wag om om die Here te ontmoet nie.
• Stel jou voor: jy is so 15 jaar oud.
• en jy ontmoet 'n outjie
• en jy is mal oor hom
• en hy sê hy is mal oor jou
• maar hy skryf nooit vir jou 'n briefie nie
• hy bel jou nooit
• hy sit nie by jou op die speelgrond nie
• Dink jy hy is regtig mal oor jou?
• Ek dink nie so nie.
• 'n Nuwe hart is 'n hart wat verlang.
• Dawid sê: Here, hierdie hart wat u in my ingeplant het, brand van verlange na U. Ek kan nie wag om U te ontmoet nie.
4. 'N NUWE HART IS JAMMER OOR DIT WAT VERKEERD IS
• Ps 51: 18 ’n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; ’n brandoffer wil U nie hê nie. 19 Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ’n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.
• Weet julle wat is die verskil tussen 'n kliphart en 'n vleishart?
• 'n Kliphart voel vere.
• 'n Kliphart is nooit jammer nie.
• 'n Kliphart sê nooit askuus nie.
• 'n Kliphart vra nie om verskoning nie.
• As die Here vir my 'n nuwe hart gee, is ek jammer oor alles wat ek verkeerd doen.
• Dan sê ek vir Hom ek is jammer.
• En dan sê ek vir die mense teen wie ek verkeerd opgetree het - ek is jammer.
• jammer pappa
• daai outjie wat ek getrip het: jammer my maatjie
[ Ons kry hierdie week 'n briefie by die kerkkantoor - 'n briefie met R20 by
• dogtertjie - lekkers by die plaaswinkeltjie gevat
• 1981 het sy haar hart vir die Here gegee
• Die lekkers pla haar nogsteeds
• Ongelukkig is die winkelier al dood en kan sy nie...
• "Ek stuur hierdie R20 om te sê ek is jammer..."
'n Nuwe hart is 'n hart wat jammer is oor alles wat verkeerd is.
5. 'N NUWE HART IS SAG (TENDERHEARTED)
• Klaag 3:51 "Wat my oë sien, maak my hartseer.."
• Eph 4:32 1Sa 24:5; 2Ki 22:19; Job 23:16; Ps 22:14; Eph 4:32 ,Jer 4:19;
Wie van julle het al julle toon teen 'n klip gestamp.
• ek bedoel: seer gestamp
• laat daai voorste vel so af is.
• en die nael lig so op..
Het jy al gekyk wat doen die klip as ek klaar my toon gestamp het.
• Hy doen niks nie.
• Hy lê net daar.
• Dit raak hom nie
Weet jy hoekom? Want hy is 'n klip.
• Niks raak hom nie.
• Jou toon pla hom nie.
• Hy voel niks vir jou nie.
• Want hy's 'n klip.
Mense met klipharte is ook so:
• Hulle kyk die nuus, en dit raak hulle nie.
• Hulle ry verby straatkinders, en dit raak hulle nie.
• Hulle ry verby 'n ongeluk, en dit raak hulle nie
• "...sommer net 'n taxi..."
• Iemand klop by hulle deur en vra 'n werk of 'n stukkie brood - dit raak hulle nie.
• "...man loop, of ek maak die honde los..."
• Hulle lag oor vigs.
Jesus spesialiseer in hartoorplantings.
Hy gee vleisharte.
• harte wat kan voel as ander mense seerkry
• harte wat kan huil as iemand aan vigs sterf
• harte wat kan seerkry as kinders honger moet gaan slaap
• harte wat bekommerd is oor mense wat die Here nie ken nie.
Het jy 'n vleishart of 'n kliphart?
[ Ek lees van 'n vrou...
• gaan deur 'n krisis (moeilike tyd)
• sy het gedink niemand weet daarvan nie.
• En toe kom haar seuntjie nog by haar en vra R5 - hulle het 'n verkoping by die skool.
• Sy gee vir hom R5.
• En daai middag kom hy by die huis.
• Mamma, ek het met die R5 vir jou 'n potplantjie gekoop.
• My kind, het jy niks vir jouself gekoop nie?
• Nee Mamma, ek het gesien jy is bietjie af - ek het dit vir jou gekoop.
Suid-Afrika: Eerste hartoorplanting hier gedoen
• Ironies: Vandag juis hierdie land wat 'n hartoorplanting nodig het.
Vandag: landwyd gebid vir nuwe harte
Harte wat...
• eerlik is
• medemenslikheid bewys
• verantwoordelikheid neem
• selfbeheersing beoefen
Het jy al 'n nuwe hart?
Het jy 'n vleishart of 'n kliphart.
Daat is iemand wat spesialiseer in hartoorplantings.
Kinderhartjies.
Grootmensharte.
Nuwe harte vir oupas en oumas.
Sy Naam is Jesus Christus.
Net Hy kan 'n kliphart verander na 'n vleishart.
• Kom bid saam met my vir 'n nuwe hart vir my en jou
• Bid saam vir 'n nuwe hart vir ons land en sy mense...